Kaleidoskoop – Platsak Lyrics

Ek like jou stukkend en jy’s gek oor my
Ek sê dis tyd dat die ding rigting kry
Geruime tyd dat jy al na my vry
Maar die finansies wat jou hol-rug ry
Eendag as ek al my studies afbetaal
Koop ek vir jou die maan
Maar vir tyd en wyl sal jy nog ‘n rukkie by my bly
Vir ’n appel en ‘n ei?
Want ek is platsak en my tjor is oud en koud maar
My liefde vir jou brand warmer as die son
En ek kan jou nie die wêreld se goud beloof nie
My liefde vir jou is genuine
Jou Colgate
Jou smile jou
Ge’tande vel
Jou warm liefde wat my hardklop laat versnel
Was die liefde maar net geld werd
Dan kon ek jou bederf soos in ’n sprokies konsert
Eendag as ek al my studies afbetaal
Koop ek vir jou die maan
Maar vir tyd en wyl sal jy nog ‘n rukkie by my bly
Vir ’n appel en ‘n ei?
Want ek is platsak en my tjor is oud en koud maar
My liefde vir jou brand warmer as die son
En ek kan jou nie die wêreld se goud beloof nie
Maar my liefde vir jou
My liefde vir jou
Want ek is platsak en my tjor is oud en koud maar
My liefde vir jou brand warmer as die son
En ek kan jou nie die wêreld se goud beloof nie
My liefde vir jou is genuine

Comments (0)