Het jy 'n besem en 'n hoed en 'n kat gekry,
Ek sê nie jy's 'n heks nie maar sê vir my,
Hoe kon ek my hart sommer so verloor,
Nou weet jy hoekom sê ek jy het my getoor.
Jy het my getoor.
Ek het my hart verloor,
En nou is ek getoor.
Jy sit goeters aan jou naels, dit lyk baie mooi,
Sit mascara aan jou oë, en verf jou lippies rooi,
Jou mini rokkies dra die het my byna dood,
Dit maak elke keer dat ek in goed vasloop.
Het jy 'n besem en 'n hoed en 'n kat gekry,
Ek sê nie jy's 'n heks nie maar sê vir my,
Hoe kon ek my hart sommer so verloor,
Nou weet jy hoekom sê ek jy het my getoor.
Jy het my getoor.
Ek het my hart verloor,
En nou is ek getoor.
Jou boetie wil my slaan hy sê hy't lus vir my,
Hy sê ek's hospitaal toe as hy my net kry,
Jou mama dink ek's oulik maar jou pa is taai,
En ek val uitmekaar as jy jou heupies swaai.
Het jy 'n besem en 'n hoed en 'n kat gekry,
Ek sê nie jy's 'n heks nie maar sê vir my,
Hoe kon ek my hart sommer so verloor,
Nou weet jy hoekom sê ek jy het my getoor.
Jy het my getoor.
Ek het my hart verloor,
En nou is ek getoor.
Lipstick en mascara en blinkgoed in jou hare,
Diamantjies in jou naeltjie en 'n vlinder op jou bors,
'n Man is nie 'n klip nie, al woon hy teen 'n berg,
En ek val uitmekaar uit as jy my met jou lippies terg.

Comments (0)