Iemand het i lappop
Op i ashoop weg gegooi
Sy was gedaan en stukkend
Verbleek en nie meer mooi nie
Op die ashoop hoor sy stemme praat
En die verwelkom haar
Maar ooh elende toe sy kyk
Wat sien die lappop daar
Met i vrot pampoen
En ñ stukkende skoen
Ñ gramifoon plaat
En i kous sonder maat
Net ñ leë bottel bier
Ñ verlepte angelier
I gelapte binne band
En i ou koerant
Ag hoe droewig voel die lappop
Toe sy alleen daar lê
Want sy weet dat niemand ooit vir haar
Vir lappop meer wil he nie
Ñ traan loop oor haar lappop wang
Want dit begin te reën
En daar le sy
Ou lappoppie
Op die ashoop so alleen
Met i vrot pampoen
En ñ stukkende skoen
Ñ gramifoon plaat
En i kous sonder maat
Net ñ leë bottel bier
Ñ verlepte angelier
I gelapte binne band
En i ou koerant
Ag nee wat se die lappop
Ek soek i ander oord
Wat sal die wêreld van my dink
Want soort jy weet soek soort
Ag almal wil vir lappop troos
En soebat sy moet bly
Hulle se dis die mooiste ashoop die
Wat mens nog ooit kan kry
Net i vrot pampoen
En ñ stukkende skoen
Ñ gramifoon plaat
En i kous sonder maat
Net ñ leë bottel bier
Ñ verlepte angelier
I gelapte binne band
En i ou koerant
Al die goeters op die ashoop
Hou gou vergadering
En besluit vir lappop te bekroon
As die ashoop koninging
Van toe af bly die lappoppie
So trots tevrede daar
En al haar onderdane
Die dien getrou vir haar
Ja die vrot pampoen
En die stukkende skoen
Die gramifoon plaat
En die kous sonder maat
Ja die leë bottel bier
Die verlepte angelier
Die gelapte binne band
En die ou koerant
Comments (0)