Dozi – Bosveld Bul Lyrics

World

In Rustenburg se wêreld woon ou Jan van Till
Oral bekend as die Bosveld Bul
Sterk soos 'n leeu, en so groot soos 'n os
Die hare groei soos doringdraad op sy bors

Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal

Hy skeer met 'n blaas-vlam, hy's gemaak van staal
Eet 'n blik-sardynties met die blikkie en al
Hy loop 'n honderd myl, maar hy word nooit moeg
Dan teken hy sy naam, met 'n eenskaar ploeg

Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal

Sit knoffel in sy sokkies om sy snor laat krul
Dan borsel hy sy tande met 'n Chlorophyll
Hy's breed van skouers, hy staan ses-voet-vyf
Die Navy sê hy het ou Tarzan se lyf

Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal

Loop hy af die straat, staan die nooientjies stil
Hulle is so mal oor ou Jan van Till
Mans steek hul vrouens weg, en staan by die deur
As hulle ou Jan sien, kan niks hulle keer

Jan, Jan, Jan, Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Jan, Jan, Jan die man van staal
Jan, Jan, Jan die bielie van die Bosveld
Oral bekend in die ou Transvaal
Oral bekend in die ou Transvaal
Oral bekend in die ou Transvaal

Comments (0)