Volg kronkelpad tot aan die buitekant
Soos die kraai vlieg suid, lê die plaas verblyding
Hier sit jou lief op die dam se wal
In 'n vierkanthuis bly ek en al my bra's
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Gevaarligte flikker, jy's in jou tone
Die gas chamber in die driveway en die hangman by jou voordeur
Maar sê my, glo jy aan die pixies
Aan drome en drake en aan feetjies
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Dis vreemde vriende in my Novilon-kombuis
En 'n General Electric yskas wat laat nag nog suis
En op die stoof staan 'n pot vol kruie tee
Sê my wat dink jy van my nuwe idee
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Swart en wit TV, E-tv
En die plaaslyn is geknip so dit help nie ma bel nie
'n Silwer hi-fi wat heeldag lawaai
En Dokter Hoffman sorg vir die smiles
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Bob Marley se gesig teen daai spierwit muur
En die full moon van 'n daggapyp wat die aand verlig
En op daai tafel speel ek en jy weer skaak
Is dit jou skuif? Well check my uit my bra
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Daar lê jy in my arms in die blouste blouste kamer
En ek moet net vir jou sê, dit was nooit my plan nie
Maar soos in die lewe is alles hier net tydelik
Jy's opsoek na liefde, maar lus sal alles opfok
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Blommekind
Oppieplaas
Oppieplaas, ja, die boere wil ons vang
Landlord wil ons uitskop
Oppieplaas
Oppieplaas, jy's verlore in die wind
Dromekind
Comments (0)